Skip to the content

Bepalings en Voorwaardes

BELANGRIKE INLIGTING

  • Rook is streng verbode in al die verblyfeenhede.
  • Die verblyfeenhede word daagliks gediens behalwe op Sondae.
  • Gaste wat gebruik maak van die kampeerfasiliteite moet asseblief hulle eie kragpasprop saambring. 
  • Die standaardgrootte van ’n kampeerstaanplek is 7 m x 7 m.
  • Geen troeteldiere word toegelaat nie behalwe gidshonde.   
  • Bring asseblief jou eie swemhanddoeke en vadoeke saam.
  • Geen musiek vanuit motorvoertuie of private klankstelsels of klanktoerusting word toegelaat in die oord nie. 
  • Wees asseblief bedagsaam teenoor ander gaste deur geraasvlakke so laag as moontlik te hou. 
  • Stilte moet asseblief gehandhaaf word tussen 22:00 en 07:00. 
  • Geen motorfietse of ATV-vierwielmotorfietse word toegelaat in die oord nie.
  • Net aanvaarbare doelgemaakte swemklere word toegelaat.
  • Let asseblief daarop dat daar in die midweke buite seisoen konferensie- en/of skoolgroepe by die oord kan wees.

Kontak asseblief Ontvangs vir meer inligting oor fasiliteite vir konferensies en groepe. 

  • Die restaurant is oop van 08:00 tot 20:00 weeksdae en Sondae 08:00 tot 16:00.
  • Verskaf asseblief jou lidmaatskapnommer met aankoms om te kwalifiseer vir lidtariewe.

Die hooflid moet met aankoms teenwoordig wees en sy of haar lidmaatskapkaart en ID of paspoort toon. 

Die hooflid moet teenwoordig wees vir die hele tydperk van verblyf by die oord.  

Dagbesoekers vir ATKV-lede sal na gelang van kapasiteit op oorde toegelaat word

  • Dagbesoek word slegs aan ATKV-lede toegestaan, wat vooraf (die Woensdag voor aankoms) hulle bespreking moet maak.
  • Betaling moet saam met bespreking gedoen word.
  • Familie en vriende kan met ad hoc-geleenthede toegelaat word om gedurende seisoentye te bespreek en net ʼn beperkte aantal besprekings word toegelaat, naamlik vyf. Dit kan slegs oorweeg word as besetting minder as 80% is en besprekings kan slegs op die Woensdag voor ʼn naweek gemaak word. Betaling moet voor aankoms by die oord gedoen word. Gedurende skoolvakansies kan die oord self besluit of nog besprekings toegelaat kan word, na gelang van besetting op die oord.
  • As jy besoekers tydens jou verblyf wil ontvang, moet die besoek vooraf gereël word by Ontvangs gedurende kantoorure.
  • Nie meer as agt persone per verblyfeenheid of kampeerstaanplek word as besoekers toegelaat nie. 

Bepalings en voorwaardes vir aanlynbesprekings by die ATKV-oorde

  1. Die besprekingsversoek is slegs ’n aansoek om huisvesting en is nie ’n amptelike bespreking nie. Die bespreking word eers bevestig sodra die oord die dokument van bevestiging vir die besprekingsversoek gestuur het.
  2. Vyftig persent van die koste van die totale verblyfrekening (BTW ingesluit) is betaalbaar as deposito en moet voor of op die keerdatum betaal word om die bespreking te bevestig.
  3. Deposito’s wat reeds betaal is, sal nie terugbetaal word indien die bespreking gekanselleer word nie. Geen geld word ook terugbetaal nie wanneer gaste die oord vroeër verlaat as wat bespreek is (sien kansellasiebeleid).
  4. Betaling van deposito’s moet geskied voor of op die keerdatum wat op die besprekingsversoek van die oord af verskyn om besprekings te bekragtig.
  5. Versuim om die deposito voor of op die keerdatum te betaal, sal daartoe lei dat die bespreking sonder vooraf kennisgewing gekanselleer word.
  6. Alle uitstaande koste moet voor aankoms vereffen wees.
  7. Alle veranderings aan die bespreking moet skriftelik geskied.
  8. Debietkaarte sowel as Visa- en Master-kredietkaarte en elektroniese oorbetalings word aanvaar.
  9. Besprekings (BTW ingesluit @ 15%) is van toepassing.
  10. Spesiale tariewe geniet aandag volgens aanvraag en indien moontlik.
  11. Aankoms- en vertrektye:
    Oord Aankomstyd Vertrektyd
    ATKV-Buffelspoort 14:00 10:00 vir wooneenhede & 12:00 vir kampering
    ATKV-Drakensville 14:00 10:00 vir wooneenhede & 12:00 vir kampering
    ATKV-Eiland Spa 14:00 10:00 vir wooneenhede & 10:00 vir kampering
    ATKV-Goudini Spa 14:00 10:00 vir wooneenhede & 10:00 vir kampering
    ATKV-Hartenbos 14:00 10:00 (11:00 buite seisoen)
    ATKV-Klein-Kariba 14:00 10:00 vir wooneenhede & 13:00 vir kampering
    ATKV-Natalia 14:00 10:00 vir wooneenhede & 12:00 vir kampering
  12. Met aankoms vind registrasie plaas en die besoeker teken ’n vrywaringsvorm wat die oord vrywaar teen enige aanspreeklikheid indien ’n besoeker beserings opdoen of verliese ly. Die besoeker teken ook ’n vorm waarmee hy onderneem om die oord se reëls na te kom.
  13. Geen troeteldiere word toegelaat nie – behalwe gidshonde vir blindes en swaksiendes.
  14. Tariewe is onderhewig aan veranderings sonder vooraf kennisgewing.
  15. Geen minimum aantal dae geld vir besprekings ten opsigte van die Maart/April-skoolvakansie by enige ATKV-oord vir beide huisvesting en kampering nie. Indien Paasnaweek egter binne hierdie skoolvakansie val, geld die langnaweekreël dat besprekings vir die hele Paasnaweek gedoen moet word. Besprekings ten opsigte van die Junie/Julie-skoolvakansie by ATKV-Eiland Spa kan vir minimum 5 dae gedoen word vir huisvesting en minimum 10 dae vir kampering. Besprekings vir maandpakette ten opsigte van die Junie/Julie-skoolvakansie by ATKV-Eiland Spa moet vir ʼn minimum van twee maande gedoen word en is slegs geldig vir twee persone per bespreking. Besoekers tydens die bespreking betaal die normale tariewe vir ATKV-lede of ATKV-nielede, soos van toepassing. Besprekings vir die Desember/Januarie-skoolvakansie by enige ATKV-oord kan gedoen word vir ’n minimum van 5 dae vir huisvesting, en vir ’n minimum van 10 dae vir kampering. Let asseblief daarop dat besprekings vir kampering by ATKV-Hartenbos egter verskil en dat die minimum kampeertydperk by Hartenbos 14 dae is. Besprekings kan net per hooflid gedoen word en is nie oordraagbaar nie. Die eerste deposito’s is betaalbaar teen 10% van die totale bedrag ten opsigte van die bespreking:binne 1 maand na die besprekingsdatum in die geval van Paasnaweek en/of die Maart/April-skoolvakansie by enige ATKV-oord;
    • binne 1 maand na die besprekingsdatum in die geval van die Junie/Julie-skoolvakansie by ATKV-Eiland Spa; en
    • binne 1 maand na die besprekingsdatum, maar nie later as die 31ste Desember nie, in die geval van die Desember/Januarie-skoolvakansie by enige ATKV-oord.
  16. Indien u oor Tjiengelieng beskik, sal dit slegs in berekening gebring word as u aansoek suksesvol is.

Aanlynbespreking kredietkaartbetalings

  • Kredietkaarte wat aanvaar word: VISA, MasterCard en American Express. Diners Club International word nie aanvaar nie.
  • Betalings word deur PayBridge gedoen, ’n veilige aanlynbetaalstelsel.  

Volg die onderstaande skakel om PayBridge se private beleid te lees: 

http://site.nightsbridge.com/nightsbridge-privacy-policy/

  • Jy sal gevra word om jou kredietkaart se besonderhede in te sleutel sodat PayBridge die deposito kan verwerk.  

Neem asseblief kennis: PayBridge voldoen aan die PCI-vereistes en daarom word geen kaartbesonderhede gestoor nie.   

  • Sodra die betaling deur PayBridge verwerk is, word die akkommodasie binne 2 tot 3 werksdae betaal.  
  • Jy sal die volgende boodskap sien sodra die transaksie afgehandel is: Your credit card was successfully debited by PayBridge relating to your accommodation booking.

BELANGRIK: Die verwysing op jou kredietkaartstaat sal sê ‘PayBridge Accommodation’ en nie ATKV-Klein-Kariba nie.

VOORWAARDES WAT GELD VIR BESPREKINGS

  • Die tariewe sluit 15% BTW in wat in Suid-Afrikaanse rand gekwoteer word (ZAR).
  • Die tariewe kan verander word sonder vooraf kennisgewing.
  • Net een voertuig per verblyfeenheid of kampeerstaanplek is ingesluit. R75 is betaalbaar vir ’n ekstra voertuig.
  • Deur te betaal, bevestig jy dat jou besprekingsdatums korrek is, asook die soort akkommodasie of kampeerplek wat jy bespreek het.       

DEPOSITO- EN KANSELLASIE BELEID

  • Vir kansellasies langer as 30 dae voor die aankomsdatum word slegs 'n administratiewe fooi van R95(R100 vanaf 1 Aug 2024) gehef vir die terugbetaling van die deposito.
  • Tussen 0-7 dae voor aankoms verbeur volle deposito100%
  • Tussen 8-15 dae voor aankoms verbeur 50%
  • Tussen 16-30 dae voor aankoms verbeur 25%
  • In die geval van kansellasie weens sterfte (of ander aanvaarbare redes waaroor die betrokkene geen beheer het nie) word slegs`n administratiewe fooi van R95 (R100 vanaf 1 Aug 2024) gehef wanneer stawende bewyse verskaf word.
  • Ons depositobeleid vir die periode Oktober tot Desember 2020 is aangepas om dit vir gaste makliker te maak om hul besprekings oor ‘n langer periode af te betaal. Kliek asb hier vir meer besonderhede.
  • Besprekings gemaak met ’n aankomsdatum langer as 30 dae vooruit, vereis ’n 50% deposito binne 48 uur (ingesluit besprekings gemaak in die voorkeurbesprekingsperiode), en die verskil moet ten volle betaal wees 30 dae voor aankoms.
  • Besprekings gemaak met ’n aankomsdatum korter as 30 dae vooruit, vereis 100% deposito binne 48 uur.
  • Eennagbesprekings verg 100% betalings binne 48 uur, ongeag hoe lank vooruit so bespreking gemaak word.
  • Indien die eerste depositoperiode verontagsaam word, kan die bespreking gekanselleer word.
  • Betalingsreëlings word slegs oorweeg nadat die eerste 50% deposito betaling ontvang is. Ander reëlings kan dan getref word vanaf die tydstip tot 30 dae voor aankoms waarteen die volle uitstaande bedrag betaal moet wees.
  • Kansellasies vir konferensiegroepe:

    Klein tot mediumgrootte besprekings:

    1. 42 dae (6 weke) of meer dae voor die aankomsdatum – kliënt is vry om die bespreking te kanselleer, af te gradeer of te skuif sonder kansellasiefooi.
    2. 41-28 dae (tussen 6 en 4 weke) voor die aankomsdatum – 40% van die totale faktuurbedrag betaalbaar.
    3. 27-15 dae (tussen 4 en 2 weke) voor die aankomsdatum – 75% van die totale bedrag van die faktuurbedrag betaalbaar.
    4. 14-0 dae voor die aankomsdatum – 100% van die totale bedrag van die faktuurbedrag betaalbaar.
    5. Tot 48 uur voor aankoms kan die deelnemersgetal met 10% verminder word sonder enige boetes deur slegs skriftelike kommunikasie.

    Groter groepbesprekings, met meer as 70% van die oord se kapasiteit

    1. 68 dae (24 weke / 6 maande) of meer dae voor die aankomsdatum: kliënt is vry om die bespreking te kanselleer, af te gradeer of te skuif sonder kansellasiefooi.
    2. 67-56 dae (tussen 24 en 8 weke) voor die aankomsdatum – 40% van die totale bedrag wat betaalbaar is.
    3. 56-15 dae (tussen 8 en 2 weke) voor die aankomsdatum – 75% van die totale bedrag van die faktuurbedrag betaalbaar.
    4. 14-0 dae voor die aankomsdatum – 100% van die totale bedrag van die faktuurbedrag betaalbaar.
    5. Tot 48 uur voor aankoms kan die deelnemersgetal met 10% verminder word sonder enige boetes deur slegs skriftelike kommunikasie.

OTA KANSELASIE:

  • Gratis kanselasie voor 14 dae van aankoms.  100% betaalbaar as jy kanseleer binne 14 dae.
  • R 100 admin fooi binne die 14 dae weens siekte / dood.

Termes en Voorwaardes vir kompetisies en promosies

Kompetisies

  • Waar akkommodasie as prys gegee word, sluit die prys nie vervoer, etes of drankies in nie
  • Akkommodasiepryse moet tans 12 maande opgeëis word vanaf die trekkingsdatum- Pryse kan nie omgeruil word vir kontant nie
  • Pryse mag nie vir kontant verruil word nie
  • Die ATKV sal nie in onderhandelinge betrek word oor die wenners en pryse nie
  • Alle kompetisies en promosies is onderhewig aan die oorde se bestaande bepalings en voorwaardes

Promosies

  • Promosie kan sonder kennisgewing gestaak word.
  • Standaard kansellasiebeleid geld.
  • Geen afslag vir groepbesprekings nie, tensy op promosie aangedui. Slegs een eenheid/kamppromosie geld per bespreking.
  • Slegs nuwe besprekings kwalifiseer vir promosies.
  • Promosie kan gekanselleer of gestaak word wanneer besprekings vol is.
  • Promosie bepalings en voorwaardes kan sonder kennisgewing bygevoeg word.
  • Behoudens foute en weglatings.

Vrywaring

  • Die inligting en bemarkingsmateriaal wat op hierdie webwerf en/of ander inligting wat in enige ander formaat verskaf word, word deur die kopieregwet beskerm en/of mag wetlik geprivilegeerd wees.
  • Die ATKV, sy personeel, borge, medewerkers en adverteerders doen afstand van alle aanspreeklikheid vir enige verlies, skade, besering of uitgawe wat mag voortspruit uit die gebruik van, of vertroue in, die dienste of bemarkingsmateriaal wat op hierdie webwerf en/of ander inligting wat in enige ander formaat verskaf word aangebied word.
  • Die ATKV is nóg aanspreeklik vir die behoorlike, volledige oordrag van inligting wat op hierdie webwerf en/of ander inligting wat in enige ander formaat verskaf word vervat is nóg enige vertraging in die ontvang daarvan.
  • In geen geval sal die ATKV, sy personeel, borge, medewerkers en adverteerders aanspreeklik gehou word vir gevolglike, onvoorsiene, spesiale of straffende verlies, skade of uitgawe (insluitende, sonder beperking, verlore winste, offerkoste, ens.), selfs al is daar van hulle moontlike bestaan kennis gegee, wat mag voortspruit uit die gebruik van, of vertroue in, die dienste en/of bemarkingsmateriaal wat op hierdie webwerf en/of ander inligting wat in enige ander formaat verskaf word vervat is nie.
  • Die kliënt sal die ATKV, sy personeel, borge, medewerkers en adverteerders, vrystel en skadeloos stel van en teen enige betalingsverlies, koste of uitgawe (insluitend redelike prokureursgelde) wat betaal of aangegaan word deur die navolging van enige raad hierin of elders in ander formaat aangebied.

Lede-aanlynbespreking bepalings & voorwaardes

  • Deur van hierdie aanlynbesprekingsportaal gebruik te maak, bevestig jy dat jy jou verbind tot die volgende reëls, en indien die reëls oortree word, sal jou bespreking gekanselleer word, sal inbetaling volgens die nie-ledetarief moet geskied en kan jou lidmaatskapstatus heroorweeg word.

    Lede mag 3 eenhede of kampeerstaanplekke teen die lidtarief bespreek. Neem kennis dat die voordeel slegs opgeneem kan word waar die eenhede almal deel vorm van een bespreking, en kan dus nie opgeneem word as 2 of 3 aparte besprekings nie. Indien 4 of meer eenhede verlang word, kan die eerste 3 eenhede deur hierdie portaal bespreek word, en enige addisionele eenhede deur www.atkvoorde.co.za/bespreek. Onderhewig aan beskikbaarheid. Inbelbesprekings kwalifiseer nie vir die hierdie aanbod nie. Aankoms- en vertrekdatum moet voor 28 Februarie 2025 wees.

    • Laag-/Buiteseisoenmidweek (Sondag tot Donderdag): 'n Lid kan drie verblyfeenhede of kampeerstaanplekke in totaal bespreek.
    • Laag/Buiteseisoennaweek (Vrydag en Saterdag): ʼn Lid kan drie verblyfeenhede of kampeerstaanplekke in totaal bespreek.
    • Middel/Skouer/Langnaweekseisoen: ʼn Lid kan twee verblyfeenhede of kampeerstaanplekke in totaal bespreek.
    • Hoog/Spitsseisoen: ʼn Lid kan slegs een verblyfeenheid of kampeerstaanplek bespreek.

    Lede mag onder geen omstandighede die internetskakel (URL) met nie-lede deel nie. Nie-lede wat die skakel gebruik om ʼn bespreking te maak, sal die volle jaarlikse ledegeld of die verskil tussen die lede- en nie-ledetarief moet inbetaal.

    Ledetariewe geld slegs vir besprekings wat direk per telefoon, e-pos of deur ons aanlyn besprekingsportaal deur die ATKV hanteer word, en nie vir besprekings wat deur derdepartybesprekingsagente gedoen word nie.

    Die lid waaronder die bespreking gemaak is, moet tydens aankoms teenwoordig wees met hul ID/paspoort as bewys. Die lid moet ook vir die volle duur van die bespreekte verblyf op die oord teenwoordig wees.

    Die standaard oordbepalings en -voorwaardes geld steeds, sowel as die aanlynbesprekingsvoorwaardes.

     

    Toestemming vir die gebruik van foto’s en inligting

    Foto’s wat van gaste/kliënte aan die ATKV-oord geneem gaan word en geskrewe materiaal wat deur deelnemers aan die ATKV-oordaktiwiteite geskryf word, mag op een van die volgende maniere gebruik en aangewend word:

    • Om rekord te hou van die ATKV-oord se aktiwiteite
    • As ʼn fotofokuspunt vir die beoordeling van ʼn aktiwiteit
    • Vir bemarkingsdoeleindes.

    Individue se name of enige van daardie individue of die groep se inligting sal nie deur die ATKV of sy verteenwoordiger verskaf en/of beskikbaar gestel word nie.

    Die ATKV behou die reg voor om die openbaarmaking van foto’s te weier indien dit deur die ATKV beskou word as om nie in die kind beste belange te wees nie.

    Die foto’s en/of geskrewe materiaal sal nie verkoop of vrygestel word nie.

    Die foto’s en/of geskrewe materiaal sal die ATKV se eiendom word.