Skip to the content

4-bedwoonstelle, see-aansig 4WSS

Maksimum vier persone. See-aansig-woonstelle met twee vertrekke. Die aparte kamer het ’n dubbelbed. Die tweede vertrek dien as ’n kombuis-, eet- en slaapvertrek met een stapelbed. Let wel dat van hierdie woonstelle ‘n bad en stort het; en ander net ‘n stort met ‘n handewasbak in die badkamer.  Kontak asseblief ons ontvangs vir meer besonderhede.

VIERBEDWOONSTELLE, NIE-SEE-AANSIG NIE, BALKON (4WNNB)

Maksimum vier persone. See-aansig-woonstelle met twee vertrekke. Die aparte kamer het ’n dubbelbed. Die tweede vertrek dien as ’n kombuis-, eet- en slaapvertrek met een stapelbed. Hierdie woonstelle het ’n stort, toilet en handewasbak in die badkamer. Daar is ‘n balkon sonder braaifasiliteite.

VIERBEDWOONSTELLE, NIE-SEE-AANSIG

Maksimum vier persone. Die woonstel sonder ’n see-aansig het twee vertrekke. Die aparte kamer het ’n dubbelbed. Die tweede vertrek dien as ’n kombuis-, eet- en slaapvertrek met een stapelbed. Hierdie woonstel het ’n stort, toilet en handewasbak in die badkamer.