Gemeenskapsprojekte
BIBLIA DURBAN
Biblia is ‘n sendingorganisasie wat uitreik na Seevaarders wat in ons hawens in Suid-Afrika aandoen. Hierdie manne en vroue van alle dele van die wêreld besoek ons land op ‘n daaglikse basis. Nie net verteenwoordig hierdie persone vele lande van die wêreld nie maar ook net soveel gelowe.
Dit is Biblia se taak:
- Om die christene te ondersteun wat op die skepe teenwoordig is.
- Hulle wat in nood verkeer, hulp te verleen.
- Hulle wat in hospitale is te besoek en te ondersteun.
- Om literatuur te versprei in hulle taal.
Missie:
Om seevaarders te bedien deur Woord en daad.
Natalia het verlede jaar se kollekte van ons eredienste geskenk aan Biblia, en ons “commit” onsself om vir die volgende finansiële jaar weer hulle te ondersteun.
Om die evangelie aan hulle te bring wat die liefde van Jesus nodig het.
|