Ontspanning
Honderde lekker dinge om te doen!
ATKV-Natalia selfsorg-strandoord bied ure se aksie, ontspanning en pret vir die hele gesin.
Hier kan jy net lê - die son en die see doen die werk! Stadig maar seker maak dit 'n nuwe mens van jou. Geniet die warm water van die Indiese Oseaan sonder om te wonder oor die haaigevaar, ATKV-Natalia se swemplek is met haainette beveilig. Of geniet die koel water van ons ruim swembaddens .
'n Vakansieganger sonder 'n visstok by ATKV-Natalia is soos 'n soldaat sonder 'n geweer. Want by die verskeie hengelplekke langs die kus lê die grotes oopmond en wag vir jou aas!
Baljaar… geniet ... span uit...
|