Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Gemeenskapsprojekte
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir bespreking
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Virtuele Toere
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid



Sê ons wat jy dink!

Hier is jou geleentheid om jou sê te sê. Stuur 'n kakiebos as jy enige kritiek op die ATKV-Oorde, ons aktiwiteite, ons diens, ons doen en late het of skud sommer enige klippie uit jou skoen wat jou pla of seermaak.

Stuur gerus ook 'n sonneblom as jy enige komplimente het of iets positiefs van die ATKV-oorde, ons aktiwiteite of ons diens ervaar het.

Die ATKV/ATKV-Oorde aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige kommentaar, stellings of uitlatings wat deur enige besoeker aan dié webwerf gemaak word nie. "Sê jou sê" weerspieël nie noodwendig die siening van die ATKV/ATKV-Oorde nie. Die ATKV behou die reg voor om ten enige tyd kommentaar sonder kennisgewing te verwyder.

Naam :
Van :
E-Posadres :
Om te verhoed dat ons ongewenste skrywe deur ons webwerf kry, het ons die onderstaande sekuriteit ingestel.
Vul die letters in die beeld, in die onderstaande teksveld in, voordat jy jou versoek stuur.
Indien jy enige probleem ondervind, stuur gerus 'n e-pos aan webadmin@atkv.org.za.
 



Wat het die ander mense gesê

ATKV-Natalia neem kennis van Mnr. Pepler se skrywe en sal die situasie aanspreek. Vriendelike Natalia Groete
Phillip du Plessis [phillipd@atkv.org.za] - 2010-07-20 08:29:38.827

Natalia wat 'n paradys, pragtige woonwapark wat grens aan die see, moet net nie na 'n hengeluitstappie, koud en vuil, by die kamp kom en dink jy gaan 'n lekker warm stort neem nie. Dit wissel van kookwater tot koue water tot geen water. En dit nogal die ablusie van die terras staanplekke wat aansienlik duurder is as onder!Mnr die oordbestuurder, ek nooi jou om self jul storte uit te toets vir 'n paar dae. Vier ster gradering?
Hannes Pepler [sp.motors@vodamail.co.za] - 2010-06-16 19:45:38.763

Ek trek my woorde terug! My rekenaar was gestel op 75%!
Elsa Piek [epiek@vodamail.co.za] - 2010-05-24 07:17:47.937

Sjoe, maar die skrif is BAIE klien op julle website. Dit maak dit baie moelik om te less en te geniet!
Elsa Piek [epiek@vodamail.co.za] - 2010-05-24 07:12:01.75

Vir ons was dit die eerste keer by Natalia. Ons was bevoorreg om 'n hele 8 dae in April op die oord te kuier. Ons sal beslis weer gaan. Baie dankie aan al die personeel hetsy in die koffie pot of in die waskamer of die kantoor. Dit was lekker, skoon, veilig!!!!!!!!!!
Roelf en Elsie van Eeden [elsie@marxinsurance.co.za] - 2010-04-20 12:18:37.25

YOHg Hi daar was nou vir 8 nagte by Natalia gewees Bennie en personneel hou so aan met die goeie werk waardeur dit . Vakansie prograam het almal besig gehou Sien julle weer Sterkte
Shaun Moller [[shaun.moller@sasol.com] - 2010-04-06 20:20:40.793

sal nie weer kom besoek nie. want naweke is dit vol van die dagbesoekers. of busse wat daar stop.dan is dit nie eers suid afrikaners nie.
HANNETJIE DE JAGER [dejagejp@vodamail.co.za] - 2010-03-22 18:39:02.077

Ons het die week net voor die skole by julle gekamp en ek moet se ek het nog nooit sulke goeie vriendelike diens ervaar nie. Baie dankie hou so aan.
Annelie Combrink [annelie.combrink@gmail.com] - 2010-03-12 10:44:43.467

Ons, ek, my man en kind, gaan na jare terug Natalia toe. Hierdie plek sal altyd vir ons 'n glimlag plek wees. Dis die plek waar my pa gedog het hy kan oorlog voer met die see. Hy is see in, 100% reg en het uitgekom met 'n swart oog. Ons glimlag steeds oor die insident as hy nie daarvan weet nie. Ons sien uit na ons vakansie daar. As ek na die foto's kyk sien ek baie verbetrings vandat ons laas daar was.
Bettie Erasmus [afmwitlig@telkomsa.net] - 2010-03-02 10:30:26.53

Ek is jammer om van die ongelukkige voorval te verneem. Dit is verseker nie die normale toedrag van sake oor 'n naweek op Natalia nie. Die partye wat baklei het, was onmiddelik aangespreek en binne 40 minute was hul klaar gepak en het hul die oord verlaat. Hul gaan dit ook moeilik vind om in die toekoms te bespreek op Natalia. Dat die gaste dronk was in die woonstel en geraas het tot laat is onverskoonbaar en het ek reeds dit espreek met ons sekuriteitsbeampte wat die aand aan diens was. Ons het 'n streng beleid teen en dronkenskap en geraas en is jammer dat die groep ongesiens met hul bedrywighede aangegaan het. Ek hoop van harte dat ons u weer op Natalia sal sien en glo dat ons vriendelike personeel u sienswyse sal verander.
Bennie Steenkamp [bennies@atkv.org.za] - 2010-02-06 10:09:24.84

Ons was vir n week by ATKVA Natalia gewees op vakansie. Die Maandag tot die Donderdag was baie lekker totdat die naweek aanbreek. Die oord was ewe skielik vol met "locals" wat daar was vir net een rede om te kyk hoe dronk hulle kan word en die res van die mense se vakansie kan bederf. Van die mense in ons gang het tot 2 uur die oggend gekuier en gesing! En as n mens verby hulle kamer loop dan ruik dit soos n shabeen!En sekere van die mans het aanhoudend die jong meisies gepla en dan is die meisies tussen 9 en 11 jaar oud!En wat die cherry op die koek sit is dat daar n geveg uitgebreek het by die braai area waar van die mense bottels gebreek het om mekaar te sny! Daar was kinders in die swembad en speel area tydens die voorval.As dit is hoe dit elke naweek by ATKV Natalia is sal julle my nooit weer sien nie en ek sal mense aanraai om eeder na ander verblyf te soek. SKOKKEND!
Charl Botes [charl.botes@ucs-solutions.co.za] - 2010-02-04 06:58:08.013

Het vir die eerste keer gekampeer by Natalia gedurende Desember 2009. Dit was absoluut fantasties, was vreeslik beindruk met die skoon ablusieblokke. Die vakansie programme vir kinders was ook baie vermaaklik - dit sal lekker wees as die ouer garde ook betrek kan word by speletjies. My dogters (24 & 19) was veral beindruk met 'n sekere Andre - van waar het hulle gekom? Gaan beslis weer die oord besoek. Dankie
Rona Engelbrecht [rengelbrecht@merafong.gov.za] - 2010-01-08 11:36:23.873

Ons gesin was einde Maart by Natalia wat n wonderlike ervaring gaan nou al 5 jaar soentoe. Dit is en bly vir die Mollers van Secunda die gunsteling vakansie oort. Sien julle einde Maart 2010 weer puik Natalia en personell hou so aan groete
Shaun Moller [shaun.moller@sasol.com] - 2009-12-28 15:15:38.437

AL WAT EK VAN JULLE TAK BY NATALIA KAN SE IS DAT JULLE TERUG VOER OP JULLE NAVRAE BAIE PATETIES IS,EK WIL DAN REGTIG NIE WEET HOE JULLE OORD IS AS JULLE DIENS SO SWAK IS NIE
ANDRE ROOS [andrero@mcmotor.co.za] - 2009-09-23 10:37:18.36

Natalia! Die woord word gespreek met agting en respek in ons huiskring. Ons het as kinders gereeld daar gaan vakansie hou en nou as volwassenes gaan ek en my broer steeds (nou met ons eie kleingoed)hierheen. As jy eers een maal van daardie "sout" water gedrink het - dan is daar geen omdraai nie. Dankie Natalia, vir jou deelname aan die skryf van my familie se vakansie geskiedenis.
Susan J v Rensburg [shawnsan@telkomsa.net] - 2009-07-20 13:42:39.06

Verblyf 2009-07-17 Baie dankie vir 'n wonderlike vakansie verblyf. Julle oord verdien 'n 5 ster status. Bou so voort. Groete. H. Jansen
Hennie Jansen [jansen_hennie20@yahoo.com] - 2009-07-18 15:43:09.67

Ons wil net DANKIE sê vir die hulp met ons yskas. Sonder julle sou ons verlore gewees het. Brain dankie vir jou moeite. Dit was ons eerste karevaan vakansiwe en sou seker die laaste gewees het as dit nie vir jul vriendelike personeel was nie. Jul sien ons verseker nog baie kere. Dankie vir 'n wonderlike maand wat ons daar kon staan. Seen jul toegebid. Adam en Marina Odendaal
Marina Odendaal [marina@intergis.co.zas] - 2009-06-26 13:08:45.793

Hi Bennie baie geluk met jou aanstelling as oord bestuurder ek het April vir Ryno gesê ek wed hom ñ kas bier jy is die regte persoon en die pos is vir jou bedoel.Ps;Ryno ek sal my bier volgende jaar April kom op eis dankie ou mater.Baie dankie vir julle almal in die kantoor se vriendelikheid asook hulpvaardigheid.Groetnis
Venna Venter [fenna.venter@eskom.co.za] - 2009-06-15 09:25:59.95

'n Duisend WOW'S!!!!!! vir Natalia Strandoord en sy mense. Ons het weer besoek gebring aan jul oord na sowat 3 jaar, baie het verander en dit bly maar steeds 'n groot gunsteling en ons sal beslis volgende jaar terug wees, hierdie keer bespreek ek net langer. Welgedaan en hou so aan.
Manie van Eeden [mvaneeden@fnb.co.za] - 2009-06-08 21:01:30.483



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]